
Stigtingsdag: 10 Augustus 1819.
Welkom by die webtuiste van die NG Kerk Somerset-Wes.
Ons glo dat elke mens welkom is in die Koninkryk van God
en dat God alle mense liefhet.
Daarom gee ons vir mekaar en ons gemeenskap om,
en noem ons onsself die OMGEEGEMEENTE.
Geroepenes wat met deernis omgee, insluit, lééf!
Kyk gerus hier na ons kort video en GEMEENTEPROFIEL.
Vakature: Skriba Kassier
Aansoeke sluit 27 Oktober
25 Oktober
Lofdiens 9:00
25 Oktober
Hervormingsfees Lofdiens 09:00
Baie welkom, geliefdes, by vanoggend se erediens. Dit is lekker om saam met julle hier te wees wanneer ons die laaste Sondag van Oktober vier en ons gereed maak vir November. Die einde van die jaar voel naby, maar daar lê tog nog soveel voor. Mag die Here jou in hierdie maand vashou, lei en seën.
Ons verwelkom ook graag die spanlede van Helderberg Uitreik se HOEP (“Heaven on earth”/Hemel op aarde)-projek.
Ons skriflesing is uit Deut. 34:1–12. Ons dink saam oor Moses, die dienaar van die Here, en sy lewe herinner ons daaraan dat ons ook geroep is om as dienaars van Jesus Christus te leef, vanuit ’n lewende verhouding met Hom.
Kersmarkvergadering
Dinsdag, 20 Oktober om 18:00 in Patmos
Alle belangstellendes word genooi!
Tee/koffie na die erediens
Almal word hartlik uitgenooi om na die erediens saam te kom tee/koffie drink in Kosmos.
2025/26 FINANSIëLE JAARSTATE
Die jaarlikse oudit is afgehandel en die geouditeerde getekende finansiële state vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2026, soos deur die kerkraad goedgekeur op 26 Mei, is ter insae by die kerkkantoor gedurende kantoor-ure. Belangstellendes enige tyd welkom.
Stroming van die Eredienste
Daar word dikwels navrae ontvang rondom die stroming van eredienste. Hopelik sal die volgende twee kort dokumente sommige van die vrae beantwoord.
Hoekom stroom ons die Eredienste?
Nuwe intrekkers
Ons verwelkom graag nuwe intrekkers in ons Omgeegeeente.
Lees asb meer deur hier te klik.
Gemeente Dinkskrum
Saterdag, 24 Oktober 2026, in Patmos
Ons nooi AL ons gemeentelede hartlik uit om die Gemeente Dinkskrum op Saterdag 24 Oktober in Patmos by te woon van 09:00 – 13:00. Verversings sal voorsien word.
Ons wil graag soveel as moontlik van ons gemeentelede se insette kry. Dankie dat ons kan staatmaak op die Bestuursgroep, Kerkraad, Voorsitters van al ons Gemeente-Aksies en Bedienings met hulle komiteelede, asook Blokleiers en Omgeewerkers wat teenwoordig sal wees.
Ds Willem sal die geleentheid fasiliteer.
Kom gesels lekker saam oor
“Die strategiese rigting 2026-2035:
sigbaarheid van die gemeente en ondersteuning van gesinne”.
Onthou asb. eie drinkgoed en glase.
Ons sien uit om jou daar te ontvang en lekker saam te eet en te kuier.
Fondse ten bate van die basaar.
Die saal is gereed vir die gaste!
2027 Kerkkalenders
Ons is tans besig met die voorbereiding van die 2027 kalender. Die drukkoste van die kalenders was verlede jaar R11 500 en ons was gelukkig om, met die hulp van borge, elke jaar die volle koste te kon dek, sodat elke huisgesin in die gemeente ‘n kalender gratis kon ontvang.
Ons het dit vanjaar goedgedink om gemeentelede (individue) en/of besighede te nooi om die kerkkantoor by
021 – 852 1787 te kontak indien jy bereid sou wees om ‘n donasie te maak vir die druk van die kalenders vir 2027.
In ruil hiervoor bied ons die volgende blootstelling:
Die BERG-EN-SEEKLUB VIR SENIORS
kom op Donderdag, 5 November om 09:50 by die NG Omgeegemeente (Moederkerk) in Andries Pretoriusstraat in Somerset-Wes bymekaar.
Ds Willem Sauer sal ‘n Kersboodskap lewer.
Dit is ook ons laaste byeenkoms vir 2026.
Kom geniet gerus ‘n lekker koppie tee of koffie en goeie geselskap vanaf 09:15.
Almal welkom. Bywoning: Gratis
Naas du Preez, Sel: 082 804 1729
E-pos: ndupreez022@telkomsa.net
Let asb. op dat die Kerssangdiens
op die kalender geskeduleer is vir 29 November,
maar skuif na 22 November om 19:00.
Ons benodig weer:
Toesighouers in die saal en deurwagte by die deure, asook pakkers.
Diensbeurtroosters sal vanaf Sondag in die kerk se syportaal, naaste aan die kerksaal, beskikbaar wees en gedurende die week in die kerkkantoor. Dui asb. aan waar jy behulpsaam kan wees.
BETESDA: hand van liefde word uitgesteek na siekes en verswakte bejaardes.
C A R I T A S: diens van barmhartigheid vir maatskaplike nood.
HELDERBERG HOSPITAAL:
By die Helderberg Hospitaal projek bederf ons pasiënte en personeel van tyd tot tyd met ‘n eetdingetjie. Ons help ook uit met badkamerbenodigdhede en ons dames brei fluks aan items vir die babas. Ons heg ‘n Bybelversie aan ons skenkings vir bemoediging.
DIENENDE HANDE: werk saam om gemeente-aksies tot uitvoer te bring.
BETESDA
Betesda bestaan uit ‘n groep van 6 dames wat gemeentelede op die voorbiddingslys kontak en ondersteun. Hierdie dames bepaal ook watter ondersteuningsraamwerk daar in plek is vir elkeen van hierdie persone om sodoende die pad sinvol saam met hulle te stap. Met hul werksaamhede het Betesda ‘n behoefte geïdentifiseer aan ‘n uitreikgroep om eensame persone te besoek en te help met inkopies, doktersbesoeke ens. Dit kan ongelukkig nie onder die Betesda saambreel geakkommodeer word nie en laat sodoende ‘n geleentheid.
Versoek: Belangstellende gemeentelede word dus genooi om ‘n koördineerder te identifiseer en ‘n uitreikspan op die been te bring wat genoemde behoefte kan aanspreek.
CARITAS
DIENENDE HANDE
Ons is op soek na vrywilligers (mans & dames) om te help met funksies en voorbereidings soos: saal regmaak, tafels dek, blomme rangskik ens. Hierdie vrywilligers hoef nie op Dienende Hande se komitee te dien nie, maar beskikbaar wees vir hulp by geleenthede soos herfsmark, basaar, sop en poeding, PJP en Kersmark voorbereidings. Kontak asb. vir Liesle by die kerkkantoor (021 852 1787) as jy bereid is om te help.
Pockets of Hope: Beyond Projek
vra graag gemeentelede se ondersteuning vir die Augustus POP Projek! Dit is daarop mik om geskenkpakkies van omgee en hoop bymekaar te maak vir vroue en meisies wat vir hulp aanklop na ‘n verkragting of aanranding.
Vir enige navrae of donasie kontak gerus vir Aneleh by 083 292 5358.
BYBELVERSPREIDING
Helderberg Uitreik Bybelprojek het ‘n behoefte aan tweedehandse Bybels (Afrikaans & Engels, enige vertaling) wat in ‘n goeie toestand is en ons neem dus die vrymoedigheid om die gemeente te nader om ons projek te ondersteun deur Bybels te skenk wat dalk tuis in onbruik geraak het. Ons versprei hierdie Bybels met groot vrug in ander dele van die land waar vrywilligers ons help om mense te bereik wat ‘n behoefte aan ‘n Bybel het maar nie finansieël in staat is om ‘n Bybel aan te koop nie.
By voorbaat baie dankie! Bybels kan by die kerkkantoor afgegee word.
Projekleier: Grazie Beets.
Navrae: Annemarié Hollenbach 0827848841
Die Dienssentrum, wat geleë is in die Helderberg Gemeente-kompleks, is betrokke by 18 Projekte
in 7 gemeenskappe waar ons per week aan byna 7000 volwassenes en kinders iets gee om te eet.
Dit word moontlik gemaak deur die skenkings van verskeie besighede, en ook deur die vrywilligers wat die skenkings kollekteer.
Spreekbeurt 2025 Mei 2025
Plastieksakke gesoek. Caritas gebruik plastieksakke vir die kospakkies, en sal dankbaar wees om enige oortollige sakkies te ontvang.
Eierhouers gesoek. Die Dienssentrum benodig feitlik elke week ‘n dosyn leë eierhouers.
Verkieslik dié wat 6 eiers neem, maar die groter houers word ook gebruik.
Handig asb. by die kerkkantoor in.
NOG BESKIKBAAR! LAPELKNOPIES MET ONS OMGEE-EMBLEEM
Lees gerus meer oor ons Gholfhemde en Lapelknopies
Wol
Ons nooi graag alle breiers in ons gemeente om WOL by die kerkkantoor te kom haal. Ons het heelwat “double knit” wol ontvang, wat deur Helderberg Hospitaal en Seniorsorg se projekte aangekoop is, met die doel om breiwerk vir die projekte te gee. Die behoefte bly groot vir musse, truie, serpe en bedsokkies, maar veral ook vir komberse. Riglyn: 1.6×1.2m. Julle kan ook blokkies brei wat dan aanmekaar gewerk kan word vir komberse. Kom ons ondersteun die projekte. Die winter is nog nie verby nie en daar is iemand daar buite wat jou warm winter omgee baie sal waardeer.
Ons bevestig hiermee dat die persoonlike inligting wat die kerkkantoor van lidmate het,
veilig en verantwoordbaar hanteer en bewaar word.
Ons bevestig dat ons nie jou inligting aan enige derde party sal verskaf om dit vir hulle eie bemarkingsdoeleindes te gebruik nie.
Ons neem die veiligheid van jou inligting baie ernstig op en het redelike tegniese en operasionele maatreëls geïmplementeer,
in ooreenstemming met voorgeskrewe POPIA-voorskrifte om jou inligting te beskerm teen verlies, misbruik,
ongemagtigde toegang, openbaarmaking, verandering en vernietiging.
Belangrike dokumente wat as pdf-lêers afgelaai kan word:
U word vriendelik versoek om onderstaande pdf vorm te druk, in te vul, en kerkkantoor toe te bring.
Rekeningnaam: NGK Somerset-Wes
Bank: ABSA Somerset-Wes
Tjekrekening nr. 2900 590 132
Takkode: 632 005
Sluit gerus aan by ons Omgeegemeente se WhatsApp-groep. Kontak vir
Hannetjie, 083 742 3478,
of Liesle, 083 272 1745.