Stigtingsdag: 10 Augustus 1819.

Welkom by die webtuiste van die NG Kerk Somerset-Wes.
Ons glo dat elke mens welkom is in die Koninkryk van God
en dat God alle mense liefhet.
Daarom gee ons vir mekaar en ons gemeenskap om,
en noem ons onsself die OMGEEGEMEENTE.

Geroepenes wat met deernis omgee, insluit, lééf! 
Kyk gerus  hier na ons kort video en GEMEENTEPROFIEL.

20 September
Lofdiens 9:30

Hartlik welkom.  Gemeente, ons is vanoggend weer saam as God se kerk. Die skriflesing is uit 1 Timoteus 1:12–17, en die tema is: “Ek het ’n storie om te vertel… ’n storie van my verlede.” Paulus vertel in hierdie gedeelte van sy lewe voordat hy Jesus ontmoet het. Hy herinner ons aan die genade wat hy van die Here ontvang het en hoe daardie genade hom ook geroep het om tot diens van die Here te staan. So hoef jou verlede jou ook nie te verhinder om diensbaar te wees aan God, sy kerk en die wêreld nie. Ons kan juis vanuit die genade wat ons ontvang het, dien. Vandag sluit ons ook ons reeks met die oorhoofse tema “Ek het ’n storie om te vertel” af. Dit is my hoop dat hierdie reeks jou sal inspireer om vanuit jou eie lewe ’n getuie van Christus te wees – om te vertel wat God in jou lewe doen en gedoen het. Vanoggend is ons ook bevoorreg om vir Herman Lindhout van die Elizayo-projek van Helderberg Uitreik by ons te hê. Hy gaan met ons deel waarmee die projek besig is.

Tee/koffie na die erediens

Almal word hartlik uitgenooi om  na die erediens  saam te kom tee/koffie drink in Kosmos.

Kyk gerus hier na ons kort video

2025/26 FINANSIëLE JAARSTATE
Die jaarlikse oudit is afgehandel en die geouditeerde getekende finansiële state vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2026, soos deur die kerkraad goedgekeur op 26 Mei, is ter insae by die kerkkantoor gedurende kantoor-ure.  Belangstellendes enige tyd welkom.

Stroming van die Eredienste
Daar word dikwels navrae ontvang rondom die stroming van eredienste. Hopelik sal die volgende twee kort dokumente sommige van die vrae beantwoord.
Hoekom stroom ons die Eredienste?

Wenke oor die gebruik van selfone en tablette

Nuwe intrekkers
Ons verwelkom graag nuwe intrekkers in ons Omgeegeeente.
Lees asb meer deur hier te klik.

GEBEDSGROEP

Woensdag
23 September
9:00 – 10:00

BYBELSTUDIE

Woensdag
7 Oktober
10:00 & 18:00

REISGESPREK

Vrydae 5:15 (koffie) vir 5:30.

 9 Oktober

Die BERG- EN SEEKLUB VIR SENIORS
kom op Donderdag 1 Oktober 2026 om 09:50 by die NG Omgeegemeente (Moederkerk)
in Andries Pretoriusstraat in Somerset-Wes bymekaar. 
Christie Fourie lewer ‘n aanbieding oor Nieu-Seeland.
Die Altena Sanggroep sal ook optree.
Kom geniet gerus ‘n lekker koppie tee of koffie, verversings en goeie geselskap vanaf 09:15.
Almal welkom.
Bywoningsgelde vir lede: R20 / besoekers: R30
Naas du Preez (082 804 1729) / E-pos: ndupreez022@telkomsa.net

Let asb. op dat die Kerssangdiens 
op die kalender geskeduleer is vir 29 November,
maar skuif na
22 November om 19:00.

Uitreik- en Getuienisfees

Ons Gemeentes se Uitreik- en Getuienisfeeste is om die draai!
Dis sommer ‘n heerlike manier om af te skop vir die laaste kwartaal van die jaar!
Die doel van die Uitreik/Getuienisfees is om ons gemeentelede bewus te maak dat ons geroep is om draers van Christus se hoop te wees na ‘n wêreld in nood. Helderberg Uitreik is daar om mense te begelei en blootstelling te gee aan die gemeenskappe waar ons betrokke is.
Die Here gebruik die feeste om mense se eie passie en roeping vir hulle duidelik te maak.
Tema: Kom proe en sien dat die Here goed is!
Helderberg Uitreik se projekte stal uit by die Uitreik- en Getuienisfees.

Helderberg Gemeente Uitreikfees 
is op Sondag, 11 Oktober by al die eredienste.

Omgee-gemeente Getuienisfees
is op Sondag, 18  Oktober om 09:00.

Ons gaan sommer lekker woeker met mense se passie en roeping van die Here. 
Melanie Smit / Helderberg Uitreik Bestuurder

Ons Gemeente Aksies

BETESDA: hand van liefde word uitgesteek na siekes en verswakte bejaardes.
C A R I T A S: diens van barmhartigheid vir maatskaplike nood.
HELDERBERG HOSPITAAL:
By die Helderberg Hospitaal projek bederf ons pasiënte en personeel van tyd tot tyd met ‘n eetdingetjie. Ons help ook uit met badkamerbenodigdhede en ons dames brei fluks aan items vir die babas. Ons heg ‘n Bybelversie aan ons skenkings vir bemoediging.
DIENENDE HANDE: werk saam om gemeente-aksies tot uitvoer te bring.

BETESDA

Betesda bestaan uit ‘n groep van 6 dames wat gemeentelede op die voorbiddingslys kontak en ondersteun.  Hierdie dames bepaal ook watter ondersteuningsraamwerk daar in plek is vir elkeen van hierdie persone om sodoende die pad sinvol saam met hulle te stap.  Met hul werksaamhede het Betesda ‘n behoefte geïdentifiseer aan ‘n uitreikgroep om eensame persone te besoek en te help met inkopies, doktersbesoeke ens. Dit kan ongelukkig nie onder die Betesda saambreel geakkommodeer word nie en laat sodoende ‘n geleentheid.  

Versoek:  Belangstellende gemeentelede word dus genooi om ‘n koördineerder te identifiseer en ‘n uitreikspan op die been te bring wat genoemde behoefte kan aanspreek.

DIENENDE HANDE

Ons is op soek na vrywilligers (mans & dames) om te help met funksies en voorbereidings soos:  saal regmaak, tafels dek, blomme rangskik ens.  Hierdie vrywilligers hoef nie op Dienende Hande se komitee te dien nie, maar beskikbaar wees vir hulp by geleenthede soos herfsmark, basaar, sop en poeding, PJP en Kersmark voorbereidings.  Kontak asb. vir Liesle by die kerkkantoor (021 852 1787) as jy bereid is om te help.

Pockets of HopeBeyond Projek
vra graag gemeentelede se ondersteuning vir die Augustus POP Projek! Dit is  daarop mik om geskenkpakkies van omgee en hoop bymekaar te maak vir vroue en meisies wat vir hulp aanklop na ‘n verkragting of aanranding.

Vir enige navrae of donasie kontak gerus vir Aneleh by 083 292 5358.

BYBELVERSPREIDING
Helderberg Uitreik Bybelprojek  het ‘n  behoefte aan tweedehandse Bybels (Afrikaans & Engels, enige vertaling) wat  in ‘n goeie toestand is en ons neem dus die vrymoedigheid om die gemeente te nader om ons projek te ondersteun deur Bybels te skenk wat dalk tuis in onbruik geraak het.  Ons versprei hierdie Bybels met groot vrug in ander dele van die land waar vrywilligers ons help om mense te bereik wat ‘n behoefte  aan ‘n Bybel het maar nie finansieël in staat is om ‘n Bybel aan te koop nie. 
By voorbaat baie dankie!  Bybels kan by die kerkkantoor afgegee word.
Projekleier: Grazie Beets.
Navrae: Annemarié Hollenbach 0827848841

BETER MET CANVA!
Wil jy graag mooi uitnodigings, plakkate, sosiale media-plasings, aanbiedings of ander visuele materiaal kan ontwerp, sonder dat jy ’n grafiese ontwerper hoef te wees?  Dan is Leersirkels van Hoop se Canva Opleiding vir jou!  Hierdie praktiese kursus help jou om Canva met meer selfvertroue en kreatiwiteit te gebruik. Jy leer aanlyn op Authentiflife se aanlynplatform, doen praktiese oefeninge én woon twee lewendige Teams-sessies by waar ons saam werk en vrae beantwoord.
📅 Eerste Teams-sessie: 12 Oktober,
🕐Tyd: 13:00–14:00
💻 Kursusplatform: https://www.authentilife.co.za
👥 Slegs 30 plekke beskikbaar. Sodra die 30 plekke vol is, sluit besprekings.
Geen gevorderde ontwerpkennis is nodig nie, net ’n bietjie nuuskierigheid en lus om te leer!  Van “Ek weet nie hoe nie…” na “Kyk wat het ek gemaak!”
Teken hier in om terleurstelling te voorkom:
https://www.authentilife.co.za/course/leersirkels-van-hoop-canva-opleiding.
Kom ontdek wat jy met Canva kan doen!

Sentrum van Hoop (Ou Perelprojek)

Dienssentrum

Die Dienssentrum, wat geleë is in die Helderberg Gemeente-kompleks, is betrokke by 18 Projekte 
in 7 gemeenskappe waar ons per week aan byna 7000 volwassenes en kinders iets gee om te eet.
Dit word moontlik gemaak deur die skenkings van verskeie besighede, en ook deur die vrywilligers wat die skenkings kollekteer.
Spreekbeurt 2025 Mei 2025

Plastieksakke gesoek. Caritas gebruik plastieksakke vir die kospakkies, en sal dankbaar wees om enige oortollige sakkies te ontvang. 
Eierhouers gesoek.  Die Dienssentrum benodig feitlik elke week ‘n dosyn leë eierhouers.
Verkieslik dié wat 6 eiers neem, maar die groter houers word ook gebruik.
Handig asb. by die  kerkkantoor in.

NOG BESKIKBAAR!    LAPELKNOPIES MET ONS OMGEE-EMBLEEM
Lees gerus meer oor ons Gholfhemde en Lapelknopies

Wol
Ons nooi graag alle breiers in ons gemeente om WOL by die kerkkantoor te kom haal.  Ons het heelwat “double knit” wol ontvang, wat deur Helderberg Hospitaal en Seniorsorg se projekte aangekoop is, met die doel om breiwerk vir die projekte te gee.  Die behoefte bly groot vir musse, truie, serpe en bedsokkies, maar veral ook vir komberse.  Riglyn:  1.6×1.2m.  Julle kan ook blokkies brei wat dan aanmekaar gewerk kan word vir komberse.  Kom ons ondersteun die projekte.  Die winter is nog nie verby nie en daar is iemand daar buite wat jou warm winter omgee baie sal waardeer.

Adopt granny

Helderberg Opleiding Sentrum

Borg van die maand

Deon Labuschagne
021 852 1612

Ons bevestig hiermee dat die persoonlike inligting wat die kerkkantoor van lidmate het,
veilig en verantwoordbaar hanteer en bewaar word.
Ons bevestig dat ons nie jou inligting aan enige derde party sal verskaf om dit vir hulle eie bemarkingsdoeleindes te gebruik nie.
Ons neem die veiligheid van jou inligting baie ernstig op en het redelike tegniese en operasionele maatreëls geïmplementeer,
in ooreenstemming met voorgeskrewe POPIA-voorskrifte om jou inligting te beskerm teen verlies, misbruik,
ongemagtigde toegang, openbaarmaking, verandering en vernietiging.

Belangrike dokumente wat as pdf-lêers afgelaai kan word:

Kerkkantoor

Maandag – Vrydag

8:00 – 14:00

021-852 1787
Liesle Janse van Rensburg
ngsomerset@mweb.co.za

Nuwe intrekkers

U word vriendelik versoek om onderstaande pdf vorm te druk, in te vul, en kerkkantoor toe te bring.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam: NGK Somerset-Wes
Bank: ABSA Somerset-Wes
Tjekrekening nr. 2900 590 132
Takkode: 632 005 

Sluit gerus aan by ons Omgeegemeente se WhatsApp-groep. Kontak vir
Hannetjie, 083 742 3478, 
of Liesle, 083 272 1745.