Helderberg Hospitaalprojek

Ons verwelkom graag vir Lynette Jacobs wat by Alisia Smit oorneem as projekleier vir Helderberg Hospitaal.

Dié projek se visie is om Jesus se lig in Helderberg Hospitaal te wees.  

Op die oomblik bedien hulle die hospitaalpersoneel elke tweede week met ‘n vrolike pakkie eetgoed en ‘n teksvers.

 Kontak gerus vir Lynette by 082 040 4967, as jy graag betrokke wil raak.

Ons werk nou saam met die maatskaplike werker wat ons enige tyd kan nader vir hulp met spesiale projekte/geleenthede, soos bv. die eerste kers- of nuwejaarsbaba wat gebore word vir ‘n spesiale bederfpakkie vir ma en baba.  Verder kan mense vir ons pante brei vir die Thula-beertjie projek (patrone in die kerkportale of by die kerkkantoor beskikbaar). Die toekomstige mamma, met die hulp van die hospitaal se maatskaplike werker, maak dan die beertjie vir haar baba klaar.  Ons gee ook tussendeur klein versnaperinge met ‘n bybelversie aangeheg, by die hospitaal af, wat onder personeel of pasiënte versprei word.
Baie dankie aan almal wat reeds betrokke is by die projek.  
Finansiële bydraes in die vorm van geloofsoffers kan in die kerk se tjekrekening inbetaal word met verwysing:  Helderberg Hospitaal.   
Hierdie bydraes word dan teen Helderberg Hopsitaal geallokeer. 

Helderberg Hospitaal spreek hul hartlike dank uit vir die betrokkenheid en omgee van die kerk en die liewe lidmate oor die afgelope jare.
Daar is ook groot waardering vir die pakkies wat afgelewer word.
So dan ook vir finansiële donasies daarvoor en vir almal wat help print, knip, plak en pak.  

Ons kan steeds nie die pasiënte besoek nie, maar hulle sal graag ons geskenkpakkies met ‘n kort geestelike boodskappie daarop, vir hulle uitdeel. Ons fokus kan dus weer terugskuif na die pasiënte, maar ons sal wel soms die personeel bederf met ‘n verrassinkie. 

Verdere donasies wat waardeer sal word, is geestelike boeke vir oud en jonk, wat deurlopend in sale versprei sal word.
Klerasie ook vir oud en jonk, asb. reeds gewas, gestryk en gevou. Alle donasies kan by die kerkkantoor afgegee word.
Ons herinner net dat finansiële donasies vir die projek asb. aangedui word met verwysing:  Helderberg Hospitaal.

Ons waardeer die voorbidding en betrokkenheid van almal.

Baie dankie aan Alisia Smit wat die projek deur die moeilike grendeltyd bestuur het.

'Normale' tye

Vrywilligers besoek Helderberg Hospitaal se ongevalle-afdeling, kindersale en kraamsaal elke tweede Saterdag om koekies en koeldrank uit te deel.  Pasiënte en personeel word met die Woord van die Here, gebed en liefde bedien en bemoedig.

Grendeltyd

Waarderingspakkies (met ‘n teksvers) word tans elke 2’e week afgelewer.

“Ons is baie dankbaar vir jul donasies van kontant of energie drankies, sap, energie stafies en neute. Ons vra dat jul nogsteeds bly bid dat die projek vir God ‘n verskil in die Hospitaal kan maak.

Met covid-regulasies wat ons nie toelaat om Helderberg Hospitaal in te gaan nie, en die protocol van pakkies vir babas, het ons besluit om ook vir Lindy Officer van Mama Themba te ondersteun.

Liefde groete. Alisia.”

 

Twee-weeklikse ondersteuningspakkies (15/4/2021)

Ons gemeente se ondersteuning aan Helderberg Hospitaal is ‘n deurlopende projek en ons deel steeds twee-weekliks ongeveer 120 vrolike pakkies met ‘n teksvers aan die hospitaalpersoneel uit om hul te bemoedig en geestelik te ondersteun.  Ons ontvang maandeliks ook geloofsoffers en donasies vir dié projek en is ons gemeentelede baie dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning.  Dit stel ons in staat om produkte vir dié pakkies aan te koop. 

Ons benodig deurlopend die volgende items vir ons pakkies:

  • energiedrankies (Powerade / Energade)
  • energiestafies
  • klein boksies vrugtesappe
  • neute (klein geseëlde pakkies)
  • rosyne (klein geseëlde pakkies)
  • grondbone (klein geseëlde pakkies)
  • vrugtelekkers

Hierdie items kan op weeksdae tydens kantoorure van 08:00 – 14:00 by die kerkkantoor afgegee word. Baie dankie dat ons op jul ondrsteuning kan staatmaak.

Skakel asb. die projekleier, Alisia Smit by 084 855 8009, vir enige navrae.

Ondersteuning van die Mama Themba-projek (19/3/2021)

 Met covid wat ons nie toelaat om in Helderberg hospitaal te gaan en protocol van pakkies vir babas het ons besluit om vir Lindy Officer van Mama Themba te ondersteun. Sy is n wonderlike Christen wat met soveel energie haar projek aanpak. Sy het n klein plekkie op die hospitaal gronde. Hul doen ook wonderlike ondersteningswerk vir mammas maar mag nie nou in die hospitaal ingaan nie. So ons vra vir  voorbidding dat God se seën saam met die pakkies gaan.

Ons bid ook vir span van Mama Themba wat pakkies opmaak. Ons deel nog elke 2de week vir die Hospitaal personeel pakkies met geestelike versie op.

Lindy het vir my brei patrone aangestuur. So as enig iemand kans sien om te brei kan jul my kontak.

Thank you to Helderberg Hospitaal Uitryk
Dear Alisia, Dominee Johan & all Team Members

What a delight to join hands with you wonderful people in serving the mothers and babies at Helderberg Hospital!   Alisia visited me yesterday for a meeting and to bring us donations for the babies.   Thank you so much for your generosity.   We are so grateful to work together and strengthen the service we provide to Helderberg Hospital.

We are situated on the grounds of the Hospital and the sister in charge of the Maternity Unit collects the Care Bags which we specially prepare under very strict protocols for the mothers and babies.
At this point, we supply 0 – 3 month packs to each mom giving birth at HH.   We include a 3-6 month item for the baby to grow into.   We use any newborn items for the low birth weight babies.   Anyone requiring patterns, sizes or needing any information, are welcome to contact me.   

May the Lord bless each and every one of you as we continue to serve our community with love.

Warm regards, Lindy. (16 Mar 2021)   mamathemba@hope.org.za

Ons neem afskeid, en verwelkom 'n nuwe bedeling (22/2/2021)

Dit is met groot spyt en jammerte dat ons kennis neem van Sippe en Miemie Heeringa se beplande verhuising na George.  Sippe het vir baie jare op die Kerkraad gedien en was ook blokleier vir blok 4.  Miemie was die omgeewerker vir blok 4 se wyke, asook projekleier vir die Helderberg Hopsitaalprojek.  Ons wil graag langs hierdie weg van die geleentheid gebruik maak om ons dank en waardering uit te spreek teenoor Sippe en Miemie.  As meelewende geliefde lidmate het hulle met deernis en omgee in ons gemeente gedien.  Ons gaan julle baie mis en bid dat julle geseën sal word op jul pad vorentoe en insig en wysheid sal ontvang vir die rigting wat jul inslaan.

Ons verlies is beslis George se wins.

Baie dankie aan Alisia Smit wat as projekleier van Helderberg Hospitaal by Miemie Heeringa oorneem om hierdie baie verdienstelike projek se wiele aan die rol te hou.  Die uitreikspan woeker steeds weekliks om vrolike pakkies met produkte en ‘n teksvers op te maak vir die personeel van Helderberg Hospitaal.  Gemeentelede word bedank vir mildelike kontant- en produkbydraes en word aangemoedig om die uitreikspan nog steeds te ondersteun met veral Energade/Powerade, energiestafies, sap, neute en rosyne, wat by die kerkkantoor afgegee kan word. 

Die hospitaalpersoneel het soveel waardering vir al die ondersteuning en liefde wat hulle ontvang.  Hou aan om vir hulle te bid asb. 

Uitreik in die tyd van die virus - Februarie 2021 - ??

Ons gaan nog steeds aan om weekliks sulke lieflike vrolike pakkies te maak vir die personeel van Helderberg Hospitaal. Ons voel hulle het nog nodig om te voel ons gee om vir hulle werk. Hul kry ook teksvers op hul pakkies.
Ons benodig egter steeds hulp van die gemeente. Ons gee so elke nou en dan sappies, energiestafies, neute (peanuts en rosyne) en energade. 
Ons is baie dankbaar vir al die omgee, gebede en bydraes vir ons projek.
Groetnis. Alisia Smit.
23/2/2021

Maandag 15 Maart 2021.

Alisia en haar span besig om, soos elke Maandag, pakkies vir die personeel van Helderberg Hospitaal op te maak.

Waarderingspakkies in die grendeltyd - November 2020

Ons is dankbaar dat Jesus ons geseën het om ‘n seën te wees vir die personeel…350 van hulle….by Helderberg hospitaal. 

Tydens covid kon ons nie ons tweeweeklikse uitreik na die hospitaal doen nie. Ons het besluit dat ons wel vir die personeel ons waardering wil betoon vir hul harde werk tydens die moeilike jaar. 

Die geskenkies is met blymoedige harte ontvang en hulle het dit regtig baie waardeer.  Die Hospitaal het ons toegelaat, slegs twee persone, om persoonlik pakkies uit te deel!! Wat vir ons heerlik was om die pakkies en Jesus se liefde op so ‘n wonderlike manier uit te gee.

Ons het die jaar ons uitreike baie gemis, maar het kontak met die personeel behou om hul te bemoedig tydens die covid inperking en ons hoop dat ons volgende jaar weer sal kan voortgaan met ons uitreik na die hospitaal!!

Ons wil ook graag almal betrokke by HH bedank vir hulle lojaliteit, liefde en harde werk . Dit was n moeilike jaar met covid 19….maar almal volhard in hul gebede vir ons dierbare hospitaal. Ons het ons uitreike baie gemis en verlang na almal daar. Hulle het gebede nodig in die moeilike tyd. 

Ook baie dankie aan almal wat deur die jaar so fluks gebrei het, asook vir al die ander bydraes. Ons waardeer dit werklik geweldig baie.

Geseënde Kersfees en Nuwe jaar…tot ons mekaar weer volgende jaar te siene kry. Lief jul almal tonne en waardeer jul liefdevolle gesindheid teenoor ander in nood.

Liefde
Miemie en Sippe

Vroeër: ons dag van verpakking…bietjie anders as ander jare….maar het nogsteeds heerlik saam gekuier en gelag!!!