Betesda nooi lidmate wat die hand van liefde wil uitsteek na siekes in ons gemeente, om met ons kontak te maak. Betesda is ‘n bediening wat uitreik na, besoek bring aan en telefoonoproepe maak na lidmate op ons voorbiddingslys.
Betesda is ook verantwoordelik vir die beskikbaarstelling van mediese tuisversorging hulpmiddele soos rolstoele, krukke, looprame en vele meer wat vanuit die kerkkantoor op ‘n uitleenbasis bedryf word en gratis aan gemeentelede beskikbaar gestel word.
Daar is tans ‘n behoefte aan nog een vierwiel-karretjie aangesien dit dikwels, en ook vir lang tye, uitgeleen word.
Indien hierdie groep tot jou spreek, kan jy gerus kontak maak met Anne du Plessis (082 491 9810)
Mediese hulpmiddele – Gratis beskikbaar aan gemeentelede
Ons herinner gemeentelede weer daaraan dat Betesda mediese tuisversorging hulpmiddele het wat vanuit die kerkkantoor
op ‘n uitleenbasis bedryf word en gratis aan gemeentelede beskikbaar gestel word.
Kontak gerus vir Liesle by die kerkkantoor by 021 852 1787.
Die volgende mediese hulpmiddele is onder andere beskikbaar:
Ringkussings, looprame (met en sonder wieletjies), stortstoele/-bank, badstoel vir badrand,
3- & 4-wiel opvoubare help-my-stap karretjies, rolstoele, toilet”raisers”, “commodes”, “moonboots”, urinale bottels,
krukke, ortopediese rugstut, “arm slings”, knieskerms en ‘n voet- & enkelstut.
Ons wil graag vir die Betesda span onder leiding van Anne du Plessis van harte bedank vir die tyd wat hulle geneem het
om hierdie hulpmiddele uit te sorteer en weer netjies gelys het. Julle is staatmakers en ‘n raakvatspan.
Junie 2024