OMGEE bediening

Die Uitreik-aksies van die Moedergemeente staan op drie bene:

Omgee bediening

Deurlopende projekte in ons OMGEE bediening:
Betesda, Caritas en Helderberg Hospitaal.

Word bestuur uit ons eie kerkkantoor,
en word hieronder verder bespreek.

Word bygestaan deur
Dienende Hande:
die span wat gemeente-aksies tot uitvoer bring.

Nie-deurlopend

Nie-deurlopende projekte, dikwels saam met ander gemeentes. Lees gerus meer oor:
Loeriesfontein (2021)
Teddies vir Turkye (2023)
Huis Marie Louw (2023)
Durbanville Kinderhuis (2023)
Skoolboeke vir Tereo (2023)
Familieskuiling kinders (2024)

Helderberg Uitreik

Helderberg Uitreik, met ‘n groot aantal projekte wat gesamentlik vanuit Helderberg- en Moeder-gemeentes gedryf word.
Lys van Projekte en  Projekleiers 2025

Projekte in ons gemeente wat deurlopend aan die gang is:

Betesda Omgeebediening

Vrywilligers wat siekes besoek in die hospitaal of tuis, óf wat bejaardes besoek en/of help met vervoer wanneer nodig.
Mediese tuisversorging hulpmiddele is op ‘n uitleenbasis vanuit die kerkkantoor vir lidmate beskikbaar.

Caritas: Ons gemeente se diens van Barmhartigheid

Reik uit na gemeentelede in nood met maandelikse kruideniersware, klere, bystand en ondersteuning waar nodig.

 

Helderberg Hospitaalprojek

Hierdie is ‘n Helderberg Uitreik-projek wat geheel en al vanuit Moedergemeente gedryf word. Ons bederf pasiënte en personeel van tyd tot tyd met ‘n eetdingetjie. Ons help ook uit met badkamerbenodigdhede en ons dames brei fluks aan items vir die babas. Ons heg ‘n Bybelversie aan ons skenkings vir bemoedeging.

Nog bedieninge, soos uitgelig tydens die 2025 Dinkskrum

Verdere aksies en uitreike

Danksy die vertaalwerk, publikasie en bybelverpreiding wat die Bybel-genootskap van Suid-Afrika doen, is dit moontlik vir elke mens in Suid-Afrika om sy/haar eie, volledige Bybel te kan hê.
Om ‘n bydrae te maak vir Bybelverpreiding:
Bybelgenootskap van Suid Afrika
ABSA Santyger Lopende rekening
Reknr: 550 220 288 Takkode: 632 005
Verwysing: 123571 en u van.

'n Aantal spesiale bydraes gedurende 2024: