DIENENDE HANDE - die Omgeegemeente se span wat gemeente-aksies tot uitvoer bring.

Die gemeente se mans en dames wat saamwerk om gemeente-aksies tot uitvoer te bring.
 Werksaamhede:  bak koekies, pannekoek, jaffles, bedien koffie/tee & toebroodjies tydens troosdienste,
reël die hamburgeraand in Januarie, herfsmark in April en sop-en-poedingaand in Julie.  
Hulle bied ook die baie gewilde PJP-oggende 1 x per kwartaal aan.  
Kontak asb. vir Cecile as jy jou gewig by hierdie groep wil ingooi.
Koördineerder:  Cecile vd Poel (073 173 1134)

Hieronder is ‘n paar beelde van die aktiwiteite.
Maar sien gerus veel meer op die Gemeentenuus.

Gemeentekuier 27/1/2023

Hierdie jaar is die Hamburgeraand gekombineer met ‘n gemeentekonsert.
Daar is heerlik saamgekuier en geëet,
lekker saamgesing en die items van ‘n paar gemeentelede is terdeë geniet.

In 2022 is daar weer heerlik buite op die parkeerterrein gekuier.

Voorbereidings vir die Minimark.

April 2023: Die span van Dienende Hande was weer baie bedrywig om die baie gesogte
Klein koekies vir die Minimark
te bak.

Die span van 2021:

Sop-en-Poeding 2023

142 lidmate en kinders het die ysige winterweer getrotseer om die jaarlikse Sop-en-Poedingaand by te woon. Dit was, soos altyd, ‘n heerlike saamkuier geleentheid, met genoeg smaaklike sop, heerlike poeding, en ‘n verskeidenheid van varsgebakte brode uitgestal op die besonderse broodtafel.

PJP oggende

Een keer per kwartaal word daar Pannekoek, Jaffles en Poeding verkoop.
Die opbrengs is ten bate van CARITAS, die gemeente se Diens van Barmhartigheid.

Die foto toon die span wat selfs in die tyd van die Covid voortgegaan het met Jaffle (of Boepensbroodjies!) verkope. Op Donderdag 2 Julie 2020 is
driehonderd-en-dertig jaffles voorberei en almal is verkoop!