‘n Kort video oor die voorbereiding
Lees gerus oor twee gevalle:
Breiwerk
en
Kunsmateriaal
Namens Thomas House of Hope
en die Familieskuiling
sê ons baie dankie!
Annemarié Hollenbach
Op ‘n koel, mistige herfsoggend het die gemeenskap van Somerset-Wes die Herfsmark in ons Kerksaal pragtig ondersteun.
Op Vrydag 9 Februarie het Dienende Hande en Caritas ‘n besonder mooi funksie aangebied:
Ongeveer 30 gemeentelede het in die kombuis en Kosmos bymekaargekom om Margaret Arendse se groot bydrae in die Omgeegemeente te herdenk. ‘n Jarelange vriendin, Claradon Fransman, het kortliks vertel van haar en Margaret se betrokkenheid in die gemeenskap, die VGK en ook in ons Moedergemeente.
Die naamplaatjie teen die nuwe oond. –>
<– Ds Johan an Niekerk, Claradon Fransman,
en Cecile v.d.Poel, voor die nuwe oond.
“… die VGK Somerset-Wes gereeld van die fasiliteite van die Moedergemeente gebruik gemaak het. Die liefde wat sy hier ervaar het, het later gelei dat dit haar geestelike tuiste geword het.”
Ons jaarlikse basaar was weereens ‘n heerlike geleentheid waar ons gemeentelede baie hard gewerk het, maar daar is ook lekker gekoop en gekuier.
Dankie aan elkeen wat van hierdie geleentheid iets besonders gemaak het.
Gedurende Junie tot Augustus 2023 is die kombuis se aansig drasties verbeter met nuwe kombuiskaste en granietwerkoppervlaktes, asook nuut geverfde mure en ‘n nuwe plafon.
Die konferensiekamer langs die kerkkantoor is reeds sedert 2021 in gebruik, en is onlangs verder versier met ‘n pragtige muurpaneel. Dit is beslis die moeite werd om in te loer wanneer u weer by die kerkkantoor kom!
Vrydagaand 28 Julie
142 lidmate en kinders het die ysige winterweer getrotseer om die jaarlikse Sop-en-Poedingaand by te woon. Dit was, soos altyd, ‘n heerlike saamkuier geleentheid, met genoeg smaaklike sop, heerlike poeding, en ‘n verskeidenheid van varsgebakte brode uitgestal op die besonderse broodtafel. –>
April 2023
Die span van Dienende Hande was weer baie bedrywig om die baie gesogte
Klein koekies vir die Minimark
te bak.
Gemeentekuier
(Hamburgeraand) en Gemeentekonsert (27/1/2023)
Daar is toe heerlik saamgekuier en geëet, lekker saamgesing en die hoëvlak items van ‘n paar gemeentelede terdeë geniet.