CARITAS - die Omgeegemeente se diens van barmhartigheid.

Bederfpakkies vir Senior burgers.

Ons reik uit na gemeentelede in nood,
met maandelikse kruideniersware, klere,
bystand en ondersteuning waar nodig.

Caritas bedank gemeentelede graag vir die ontvangs van items en klere wat ons kan verkoop en wil julle aanmoedig om items te skenk. Dit word gestoor en verkoop in die Caritas kelder.  Die verkope van klere is ‘n belangrike deel van Caritas se barmhartigheidsdiens.   Klere word ook gratis aan hulpbehoewende gemeentelede geskenk.  Caritas is baie dankbaar vir die maandelikse geloofsoffers soos van gemeentelede ontvang.

Francine het op 1 Januarie 2024 oorgeneem by Hester Loots.

Koördineerder: 
Francine van Zyl
(084 764 3452).

CARITAS se OMGEE in die PAASTYD (April 2025)


<– Ons het heelwat bydraes in die vorm van nie-bederfbare produkte en blikkies kos ontvang tydens die Paassangdiens.
Dit is opgemaak in pakkies wat Caritas aan minder bevoorregte gemeentelede uitgedeel het en sodoende
Jesus se liefde vir elkeen bevestig het.  
Baie dankie aan almal vir al die bydraes.

Paas geskenkpakkies asook kruideniersware.
Jesus se liefde is bevestig.   –>

Kerspakkies (Desember 2024)

<– Twee van Caritas se Omgee-span by die weeklikse groente-tafel, wat hierdie week aangevul is met vrolike Kerspakkies.

Vrugtekoekies geskenk deur n lidmaat,
word uitgedeel aan behoeftige lidmate.
18.12.2024 –>

Bederfpakkies vir Senior burgers (Oktober 2024)

Die Caritas span is reeds fluks besig met voorbereidings vir die jaarlikse geskenkpakkies.

‘n Verjaarsdagverrassing: (Augustus 2024)

‘n Verjaarsdagverrassing vir ‘n Caritas dogtertjie.
Ons het dit op haar verjaarsdag by haar huis afgelewer.

Die Kerkraad het onlangs vir Hester Loots spesiaal bedank vir haar dienste as Voorsitter van Caritas.
Hester het die leisels oorgegee aan Francine van Zyl, wie vanaf 1 Januarie 2024 oorgeneem het.
Hester het vir 9 jaar haar tyd, energie en gawes uitmuntend tot voordeel van die gemeente se diens van barmhartigheid aangewend.
Haar onbaatsugtige en getroue optrede oor so baie jare is vir ons ‘n riem onder die hart
en ‘n voorbeeld van iemand wat haar omgeegesindheid uitgeleef het.
Dankie Hestertjie!

Klei-Karoo Koskouse (vanaf Junie 2023)

U kan by die Kerkkantoor bestel
(voor die 15e van die maand),
of  u kan die
Koskous bestelvorm NGK SW
hier aflaai as ‘n pdf.

Caritas het besluit om in plaas van die kruideniersware wat maandeliks aan behoeftige gesinne voorsien word, onderstaande koskouse wat droë produkte bevat met ‘n gebalanseerde ete vir 4 persone, uit te deel.  

Philip oorhandig die 1e besending aan Hester. –>

Geskenkpakkies vir Senior burgers (Okt. 2023)

Geskenkpakkies vir Senior burgers (Nov. 2020)