Lees gerus meer oor ons

Lees gerus hieronder meer oor ons Twee-eeuefees

Die NG Kerk Somerset-Wes staan ook bekend as Die Omgeegemeente.
Van oud tot jonk moedig ons mekaar aan om te leef vanuit hierdie identiteit.
Ons historiese kerkterrein is gesetel in die hartjie van die dorp, maar ons roeping kring so ver uit as Indië.
Ons glo dat God ons roep om met deernis die goeie nuus van die evangelie te leef. Daarom leef ons met ‘n verbintenis van liefde teenoor ons gemeenskap en ons omgewing.
Ons glo dat die liefde van Christus ons roep om met oop harte en hande
teenoor alle mense te leef.

Die ontstaan van NG Moedergemeente op Somerset-Wes

Die inisiatief vir die oprigting van ‘n kerkdorp het van vier boere uitgegaan, te wete Willem Theunissen van Vergelegen, PH Morkel (1760 – 1826) van Morgenster,  Willem Morkel (1762 – 1821) van Voorburg  en DJ Morkel (1764 – 1825) van Onverwacht (tans bekend as Die Bos). PH Morkel rig namens die ingesetenes van die dorp, ‘n versoek vir 20 morge aan die voet van die berge “ten einde aldaar een Kerk te doen stichten”. Gedurende Junie 1817 rig Theunissen ‘n versoek aan Lord Charles Somerset, o.a. “that your Excellence will admit your Petitioners to call the said village by the name of Somerset”, en hy voldoen ook graag aan hierdie versoek.

Die stigtingsdatum van die gemeente kan as 10 Augustus 1819 beskou word, aangesien Lord Charles sy goedkeuring op daardie dag vir die voorgestelde kerklike amptenare gegee het.

‘n Pragtige gedenkboek is saamgestel o.l.v. die Feeskomitee.
(Kopieë is nog beskikbaar by die Kerkkantoor).

Die Distrikspos het pragtige bylaes
oor die geleentheid gepubliseer: