Projek vir Haweloses

Hierdie projek is betrokke by vyf instansies (klik asb. op die naam om meer te lees):

  • Thomas House of Hope, waar daar werklik hoop gebring word deur opleiding en bemagtiging van hawelose mense ouer as 18.
  • Die Nagskuiling, wat oornag verblyf, met ‘n aand- en oggend-ete, verskaf. 
  • Die Helderberg Familieskuiling verskaf verblyf aan gesinne.
  • Tereoskool, waar kinders van graad 1 – 5 gereed gemaak word om in die hoofstroom skole opgeneem te word.
    Ons bestuur ‘n broodlys, waarvolgens skenkers elke Maandag en Woensdag broodjies verskaf.
    Lees gerus ook van die skenking van Skoolboeke vir Tereo.
  • Somerset West Village Garden, ‘n gemeenskapsprojek waar groente verbou word op ‘n voorheen verwaarloosde dorpsparkie, om sodoende werk en voedsel te verskaf aan hawelose mense. 

Hierdie projek se visie is om hoop te skep vir hawelose mense in die Helderberg omgewing.
“Haweloses” word in hierdie konteks gekategoriseer as mense sonder werk, heenkome en verblyf.
Hulle bevind hulle dan op straat waar hulle begin bedel en aan misdaad en alkohol / dwelmmisbruik blootgestel word.
Kinders is ongelukkig ook deel van hierdie groep.

Daar word sterk klem gelê op menswaardigheid, soos blyk uit die foto langsaan, met die bydraes en gedagtes van  die mense teenwoordig by ‘n onlangse geleentheid.

Die foto verwys na ons Dinsdag aande se Lof en Prys geleentheid wat ons saam die haweloses deurbring.

Tydens hierdie byeenkoms word gesprekke gevoer met hulle en word onderwerpe soos wat verwag die Haweloses van ons as vrywilligers en dan verder van die gemeentelede van die verskillende geloof gemeenskappe. 

Soos op die foto gesien kan word is om mekaar met menswaardigheid te hanteer want so volg ons God se liefde.