Moedergemeente se Pastoriegesin vanaf 1 Januarie 2026.
Baie welkom aan Jeanri, Dawid (10 jr) en Willem.
Ds Willem is gebore op 23 Maart op Vryburg.
Nadat hy sy vader op ‘n jong ouderdom verloor het,
het die familie eers na ‘n plaas naby Sweizer-Reinecke verhuis,
en later na Wolmaransstad, waar hy gematrikuleer het.
Na skool studeer hy Teologie op Tukkies.
Sy eerste beroep was na Zeerust, en daarna Tsitsikama, vanwaar hy verlede jaar na Somerset-Wes beroep is.
Hy het die sensitiewe wyse waarop hierdie keuringsproses verloop het, baie positief ervaar.
Ds Willem vang graag vis, verkieslik in die see.
Vroeër was hy ‘n kranige fietsryer, maar deesdae geniet hy veldwedlope (“trail runs”).
Dit is vir hom ‘n begeerte van die hart om sy gemeente te sien saamwerk as ‘n eenheid,
tot uitbreiding van God se koninkryk hier op aarde.
_______________________________________________________________
Jeanri is op 5 Desember in Pretoria gebore.
Sy word groot in Hartebeespoort en voltooi haar skoolloopbaan daar.
Na skool studeer sy Argeologie en spesialiseer in Museumkunde.
Haar Moeder het Teologie gaan studeer na haar kinders uit die skool was,
en een dag saam met Willem Sauer by hul huis opgedaag om aan ‘n gesamentlike projek te werk.
En so het die twee jongmense ontmoet!
Jeanri se stokperdjies sluit in hekel- en kruissteekwerk.
Tans is sy ‘n mamma wat omsien na hul 10 jarige seun, Dawid, wat graag krieket en tennis speel.
M.T. 8/1/2026