Kyk gerus ook die foto-reekse wat tydens die dienste vertoon is:
23 November
16 September:
Ds Willem Sauer van NGK Tsitsikamma
is na ons gemeente beroep en aanvaar diens op 1 Januarie 2026.
Ons verwelkom graag die Sauer-gesin (Jeanri, Dawid en Willem) in ons Omgeegemeente en bid vir hulle die seën van die Here toe met die skryf van hierdie nuwe hoofstuk in hulle lewe.
23 November:
Afskeidstee vir
Ds Johan en Christine
Die Caritas-span was die afgelope tyd weer besonder bedrywig. (Oktober-November 2025)
Ons Lentefees basaar die afgelope Saterdag was, soos in die verlede, baie goed ondersteun.
Saam met die skenkings van voedsel deur die groot kettingwinkels kom daar dikwels die pragtigste blomme,
en Moedergemeente word dikwels geseën met skenkings.
Dienssentrum blomme
Die foto toon ‘n onlangse skenking deur ‘n Omgeegemeente lidmaat.
Vyf van Helderberg Uitreik se
projekte wat met kinders werk
gaan hierby baat. (Okt. 2025)
Die Herfsmark was weereens ‘n heerlike kuiergeleentheid gewees,
en was ook baie suksesvol uit die finansiële oogpunt.
Die Distrikspos van 28 Mei het ‘n pragtige foto artikel geplaas. –>
Ons het heelwat skenkings van wol ontvang
en die vlytige breiers in ons gemeente het dit vinnig verwerk
na die pragtigste babaklere, truie, mussies, bedsokkies en serpe.
Met die winter op hande is elke item van onskatbare waarde vir diegene aan wie dit uitgedeel word.
Ons versprei hierdie gebreide items by die Familieskuiling, Sir Lowry’s Pas, Dagsorgsentrums, bejaardes in tehuise en by Helderberg Hospitaal.
Dankie aan elkeen wat so getrou brei en reeds gebrei het,
asook diegene wat wol geskenk het.
Die manne van die Reisgesprek-groep het vroegoggend saamgekom vir ‘n heerlike ontbyt.
En die aand het ‘n groot aantal gemeentelde heerlik saamgekuier in die saal tydens die Hamburgeraand.