2 – 4 September 2022
Lees gerus meer oor ons
Gemeentekamp
10 September 2022
en ons besonder suksesvolle
Basaar
Augustus 2022
Lees gerus meer oor sommige van die onlangse
Omgee gebare,
24 Augustus 2022
en oor die Gesiggie-koekies.
Dienende Hande maak reg vir die basaar.
Die baie gewilde Sop & Poeding kuieraand kon weer Vrydag in die saal plaasvind, die eerste keer na Covid.
Daar is reggemaak vir 130 gaste, en tog moes meer stoele uiteindelik ingedra word om almal te akkomodeer!
Die jaar se sosiale aktiwiteite het afgeskop met ‘n Burger-aand wat deur Dienende Hande aangebied is om dankie te sê aan die gemeentelede wat deurlopend so gewillig is om hand by te sit met al die gemeente-aktiwiteite.
Die kuier onder die bome het verskuif na ‘n kuier langs die saal om bietjie skuiling te soek teen die lastige Suidooster wat Vrydagaand gewaai het. Dit het egter geen invloed gehad op die heerlike saamkuier van die 80 gemeentelede wat die aand kom geniet het.
Blaai af (“scroll”) vir:
Seniorburgers bederfpakkies (Nov.2021)
105kg kleinkoekies! (28 Sept.)
Caritas wil van die geleentheid gebruik maak om gemeentelede te bedank vir hul getroue ondersteuning in die vorm van bydraes. Hierdie bydraes het Caritas onder andere in staat gestel om 188 van ons senior burgers wat 80 jaar en ouer is, se harte te verbly in die vorm van ‘n bederf-geskenkpakkie wat gedurende November uitgedeel is. 10 Gesinne en 2 enkellopende persone gaan ook so ‘n kersgeskenkpak ontvang. ‘n Groot dank van waardering aan almal wat gehelp het om hierdie pakkies saam te stel en aan die blokleiers en omgeewerkers vir die aflewering daarvan. Hester Loots: Voorsitter Caritas
Dankie, CARITAS!
Heelwat gemeentelede wat hierdie bederfpakkies ontvang het, het weer hul waardering teenoor Caritas uitgespreek vir hierdie omgeegebaar teenoor ons 80-jarige en ouer gemeentelede.
28/09/2021
Die fotos toon die span van Dienende Hande, besig om 105 kg koekies te maak!
Hiervan word 210 pakkies opgemaak vir Caritas se gemeentelede bo 80 jaar, om later uitgedeel te word. Daar word ook 100 pakkies opgemaak om saam te stuur Loeriesfontein toe.
So het ‘n besoeker ons Basaarmark ervaar:
Liefste vriendin,
Ek komplimenteer julle met julle basaar!
Ek wil afsluit….ek het te veel sakke gehad om te dra en te hanteer. By myself gedink: “hoe nou gemaak?” En hier kom nog n gryskop, skraal, lang man aangestap…ek help jou graag met alles. Nadat al die aankope veilig in die motor is en ek hom bedank, sê hy: “BAIE DANKIE DAT JY MY VANDAG NODIG GEHAD HET. MY VOORREG.”
Nou nog herkou ek aan sy impak woorde!!
Net daar het ek rondgery en gekyk wie se harte kan ek blymaak met my basaaraankope.
Nou kan ek ook God se goedheid beleef: “DANKIE DAT JY MY VANDAG NODIG GEHAD HET.”
Stuur my DANKIE asb aan julle leraar en beplanningskomitee aan!!
Jou vriendin, wie so tuis voel tussen julle.
Ons is so dankbaar dat ons gemeente weer die geleentheid gehad het om vanjaar basaar in die vorm van ‘n basaarmark te kon hou. Alhoewel COVID protokol ons verhoed het om soos voorheen gesellig saam te kuier, was dit ‘n heerlike spanpoging waar so baie mense hard gewerk het om van die basaar ‘n sukses te maak, met ‘n klomp produkte, items en eetgoed om van te kus en te keur.
Teen die verhoog was verkooppunte van: Snoek & patat, Pannekoek, Spitbraai, Boeppensbroodjies (“jaffles”) en Boereworsrolle. Almal uitverkoop teen 13:00!
In Patmos was Johan en Christine besig met hul Hamburgers en chips,
en die ou voorportaal het gedien as ‘n heerlike Teekamer/kuier lokaal.
Die ander ou bekendes soos basaarpoeding, fudge, gemmerbier en koek was beskikbaar op die tafels in die saal.
As gevolg van die inperkingsmaatreëls kon die jaarlikse Sop-en-Poeding saamkuier nie vanjaar plaasvind nie.
In die plek daarvan is besluit om dit te omskep in ‘n Kry-en-Ry geleentheid, gebaseer op vooraf bestellings.
Die gemeente het pragtig saamgewerk, en die totale bestelling was vir 402 liter sop, 113 gebakte poedings en 53 basaar poedings.
In Kosmos was Cecile en haar span besig om die bestellings vir die sop uit te sorteer.
Theresa en haar span besig in die kombuis om die warm poedings uit te skep.
Die 110 bestellings, gereed om uitgedeel te word.
Binne-in die saal was Hester en haar Caritas span besig om Paasfeespakkies op te maak vir 22 gesinne in die gemeente.
Buite in Kosmos was die twee Cecile’s en die span van Dienende Hande besig om klein koekies te verpak ter voorbereiding vir die Minimark.