Ons Omgeespan

Leraar: ds Johan van Niekerk

Lees gerus meer van

Skriba: Liesle Janse van Rensburg 021-852 1787
Orrelis: Babette Viljoen 072-190 6248
Braam
Fasiliteitsbestuurder: Braam Geldenhuys 082-781 9488
Klank: Gideon Muller (jnr).
Webmeester: Willie Theron.
Terreinarbeider: Philemon Nombhangisana

Met meer as 15 jaar diens is Philemon elke dag getrou op sy pos, waar hy in die tuin of op die terrein werskaf.  Andersins sal jy hom in die saal vind, besig om skoon te maak of stoele en tafels uit te pak vir ‘n funksie en dan weer weg te pak.   Philemon is ook verantwoord-elik vir instandhoudingswerk.
Sondae tree hy as karwag op.

Sharon Jacobs is vanaf 1 Februarie 2017 aangestel by die gemeente. Die Here het vir ons die regte persoon voorsien, waarvoor ons Hom Loof en prys.  Sharon, is ‘n ster en ‘n seën vir nie net die kantoorspan nie, maar vir elkeen wat by een van die gemeente se byeekomste betrokke is.

Diensdame: Sharon Jacobs

8 Desember 2024 – Ons groet vir Philemon.

Ons verwelkom graag vir Philemon en sy gesin vanoggend in die erediens om hom spesiaal te bedank vir 22 jaar se onbaatsugtige, lojale diens aan die gemeente.  Ons bid vir Philemon die seën van die Here toe en gun hom die aftrede en rus waarna hy so lank uitsien.  Philemon se laaste werksdag sal Vrydag, 13 Desember 2024 wees.  Baie dankie vir al die bydraes en donasies vir Philemon se aftrede.  Dit is Vrydag in Philemon se bankrekening inbetaal en vandag kan ons die bewys van betaling aan hom oorhandig.  Ons bedank graag sy vrou, Winky en seun, Pulelane vir hulle ondersteuning om Philemon in staat te stel om vir 22 jaar tot diens van die gemeente te kon wees.  Ons verwelkom dan ook graag vir Siya, Philemon se susterskind wat vanaf Januarie 2025 amptelik by Philemon sal oorneem.