Diensdame:
Sharon Jacobs
Sharon Jacobs is vanaf 1 Februarie 2017 aangestel by die gemeente. Die Here het vir ons die regte persoon voorsien, waarvoor ons Hom Loof en prys. Sharon is ‘n ster en ‘n seën, nie net vir die kantoorspan nie, maar vir elkeen wat by een van die gemeente se byeekomste betrokke is.
Terreinarbeider:
Siya Nombangisana
Siya is vanaf Januarie 2025 in diens van die gemeente. As hy nie besig is om in die tuin of die terrein te werskaf nie, sal mens hom in die saal vind, besig om skoon te maak of die tafels en stoele uit te pak vir ‘n funksie, of weer weg te pak na die funksie. Siya help ook met die instandhoudingswerk, en Sondae dien hy as ‘n karwag tydens die diens.
8 Desember 2024 – Ons groet vir Philemon.
Ons verwelkom graag vir Philemon en sy gesin vanoggend in die erediens om hom spesiaal te bedank vir 22 jaar se onbaatsugtige, lojale diens aan die gemeente. Ons bid vir Philemon die seën van die Here toe en gun hom die aftrede en rus waarna hy so lank uitsien. Philemon se laaste werksdag sal Vrydag, 13 Desember 2024 wees. Baie dankie vir al die bydraes en donasies vir Philemon se aftrede. Dit is Vrydag in Philemon se bankrekening inbetaal en vandag kan ons die bewys van betaling aan hom oorhandig. Ons bedank graag sy vrou, Winky en seun, Pulelane vir hulle ondersteuning om Philemon in staat te stel om vir 22 jaar tot diens van die gemeente te kon wees. Ons verwelkom dan ook graag vir Siya, Philemon se susterskind wat vanaf Januarie 2025 amptelik by Philemon sal oorneem.