Kéramos - Ons groep vir Jong Volwassenes

KÉRAMOS: Dit is dié NAAM van die OMGEEGEMEENTE se JONG VOLWASSENES-GROEP
Dit kom van die Griekse woord κέρᾰμος af, wat KLEIPOTTE beteken.

SLEUTEL-VERS:  2 Korintiërs 4:7
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.”

KERN-BOODSKAP
Ons almal is BROOS & BREEKBAAR, maar ons het GOD se KRAG wat IN en DEUR ons werk.

 GOD SE LIEFDE EN KRAG WORD SIGBAAR IN MY

  • wannneer ek besef: ek is ‘n breekbare kleipot, maar God se krag werk in my
  • wanneer ek klein/nederig genoeg is om God se grootheid te vertoon
  • wanneer ek verstaan dat ek niks is sonder God nie, maar alles saam met Hom.

 GOD SE LIEFDE EN KRAG WORD SIGBAAR DEUR MY

  • wanneer ek met ‘n omgeehart leef  
  • wanneer ek Sy liefde en krag uitdeel sodat Sy lig ook in en deur hul (as breekbare kleipotte) kan skyn.

Die bekende Henri Nouwen het gesê: As I grow older, I am more than ever aware of how little as well as how much we can do for others. Yes indeed, we are chosen, blessed, and broken to be given.
Real care means the willingness to help each other in making our brokenness into the gateway to joy.”

Elke KLEIPOT-JONGMENS (tussen 18-35 jr) wat ‘n BEHOEFTE het daaraan om saam met ons GOD se LIEFDE en KRAG SIGBAAR te maak, word met OPREGTE OMGEEHARTE UITGENOOI om DEEL te word van KÉRAMOS.

Ons versorg mekaar en gee vir ander om, want ons
‘CARE MOS’ – KÉRAMOS.
Vir meer inligting  kontak Handri (071 056 6890)

Hieronder is inligting oor sommige van die aktiwiteite van 2022 en 2023

2023

Augustus tot Desember 2022

"Coffee-date"

Ken mekaar Braai (26 Aug. 2022)

Fliekaand (23 Sept. 2022)