Kaas, Wyn en Feeskonsert

Die twee-eeuefees het Vrydagaand afgeskop met ‘n gesellige Kaas-en-Wyn funksie
gekoppel met ‘n Feeskonsert wat deur 150 gaste terdeë geniet is.

Daar is begin met ‘n keuse van witwyne, later opgevolg met rooiwyn en afgeluit met ‘n soetwyn,
terwyl die gaste gereeld kon besoek aflê by die swaargelaaide tafel met heerlike kase en ‘n groot verskeidenheid van lekkernye.

Babette het (soos altyd!) gesorg vir vrolike agtergrondmusiek en ‘n musikale verskeidenheidskonsert gelewer deur ons bekende staatmakers, asook ‘n item deur die besoekers van Suider Strand.

Die treffer van die aand was die laaste item, toe die gaste heerlik uit volle bors saamgesing het aan ‘n verskeidenheid van ou bekende Afrikaanse liedjies.