Feestuinparty

Die 2de Feesgeleentheid van ons Twee-eeuefeesjaar.

Baie dankie aan Marie Cilliers, Celda Liebenberg, elke gasvrou en die span vrouens én mans wat so hard gewerk het om van die Tuinparty ‘n lieflike, feestelike geleentheid te maak.  Daar is baie tyd bestee aan beplanning en voorbereiding en baie mense het baie hard gewerk.  Baie dankie daarvoor.

Ons was geseën met ‘n pragtige sonnige, windstil herfsoggend.

Een van die uitstaande kenmerke van die oggend was die moeite wat gedoen is met die saalversierings.

Elegante gasvroue het die tee bedien by elk van die sestien tafels, nadat Pieter-Adriaan Stofberg en Jenna O’Neill, ‘n jong musiek-egpaar, die gaste meegevoer het met tjello- en vioolklanke, van Bach tot die Beetles.

Die tafelversierings was iets buitengewoon en die eetgoed uit die boonste rakke, eintlik te mooi om te eet!

Die dames, en enkele mans, se hoofbedekkings het baie bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die drie beoordelaars het hul moeilike taak om die drie bestes uit te soek met pligsgetroue ywer uitgevoer.

Sonette Notnagel is aangewys as die wenner, met twee nagte vir twee persone by PROSPECT GASTEHUIS in Ceres as die prys.

Die tweede en derde pryse is toegeken aan  Regina Swanevelder en Dienie Maritz, wat elk ‘n ruim geskenkbewys ter waarde van R500 van ANNIQUE in die Mall ontvang het.

Laastens het gelukkige trekkings van die nommers op die kaartjies gesorg vir drie opgewonde gaste wat weggestap het met:

  • ‘n boekprys ter waarde van R300 van EXCLUSIVE BOOKS, geborg deur Josephine de Leeuw den Bouter;
  • JUSTINE produkte geborg deur Theresa Prinsloo;
  • en wyn geskenk deur VERGELEGEN.