Die eerste amptelike geleentheid van die Twee-eeuefeesjaar
was die Feespotjie-kompetisie op Saterdag 9 Maart.
Baie geluk aan Marie Cilliers, Braam en die ander helpers, wat gesorg het vir ‘n heerlik feestelike stemming wat geheers het onder die plataanbome langs die kerk en byna ‘n honderd etes verkoop het. Aanvanklik was net die braaiers besig, maar vanaf 15:00 het al hoe meer besoekers aangesluit.
Nege potjies het heel middag geprut op die kole terwyl die braaiers en hul helpers gesellig gekuier het. ‘n Wye verskeidenheid is aangebied: van glutenvrye “oxtail”, ‘n skaappot of twee, ‘n afval potjie, hoenderpotjies, lasagne potjie, bees-kortrib, tot ‘n heerlik gegeurde Nepal potjie.
Die beoordeelaars, Charlotte Kriek, Danie de Klerk en Trudie van der Westhuizen, het ‘n moeilike taak baie goed verrig en na lange beraadslaging die volgende drie wenners aangewys:
3’e plek: Jaco Jacobs se skaappot;
2’e plek: Paul Brits se hoenderpot, gegeur met kruie uit Nepal;
wenner: Fourie Rossouw se bees-kortrib met suurdeegdoodgooi potjie, hier getoon saam met sy vrou Mareli.