Die verrigtinge is Sondag plegtig afgesluit met die viering van ‘n Feesnagmaal
wat deur ds. Nelis Janse van Rensburg, Voorsitter van die Moderamen, waargeneem is.
Van die oomblik wat ons Sondagoggend die kerkgebou binnegestap het,
het ons iets belewe van ons Omgeegemeente.
Die groet, gesels en bewondering van die pragtige blommerangskikkings.
Ds Nelis Janse van Rensburg het ‘n sielsverkwikkende boodskap gebring
en sodoende ons Feesnaweek na ‘n hoogtepunt laat oploop.
Met die gebruik van die Nagmaal het ons die hoogtepunt bereik en kon ons saam as gemeente ons eerbied en dank bring aan ons Hemelse Vader vir Sy Seun wat vir ons sondes kom sterf het.
Ons dank ook aan Hom vir 200 jaaar van genade aan hierdie gemeente bewys.
Die feestelike samesyn in die saal na die diens was goed om te aanskou – almal wat lag en gesels! Die pragtige rangskikkings en die sny van die koek het ook bygedra hiertoe. Baie dankie aan al die gemeentelede wat so ruim bygedra het tot die verversings sodat daar meer as genoeg was vir almal om te kon geniet.