Bybelse ete (4 Oktober 2019)

Vrydagaand se Bybelse Ete, die laaste van die spesiale feesgeleenthede van 2019,
was ‘n onvergeetlike geleentheid vir die gelukkiges wat dit kon bywoon.

Diegene wat gehoor gegee het aan die versoek om bybelse kleredrag aan te trek het baie bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die tafels was soos altyd keurig versier, en die gaste kon van die intrapslag peusel aan die heerlike dadels, olywe, neute en vrugte.
Dit was ‘n ongewone ervaring om die brood fisies met die hande te breek en in olyfolie te doop. Die houtlepeltjies in die heuning, en later in die nagereg, was die enigste eetgerei, saam met die “borde” van die fynste bamboes, in die vorm van ‘n bootjie.

Die interessante spyskaart van lensie-sop, gevolg deur lensiefrikkadelletjies, hoendervlerkies en sappige snoek, met ‘n heerlike nagereg van joghurt en heuning met ‘n snytjie groen-vy, het gesorg dat al die gaste baie tevrede huistoe gegaan het.

Die gaste sit en kuier heerlik saam,
terwyl Babette se musiekgroep sorg vir ‘n program van gepaste musiek.