‘n Wonderlike skenking deur Solidariteit Helpende Hand

Ons Dienssentrum was een van die organisasies wat voordeel getrek het uit ‘n baie groot besending voedsel wat Kaap toe gestuur is deur Solidariteit se Helpende Hand organisasie.

Op Vrydag 12 Februarie is die Dienssentrumwiele gevra om ‘n bakkievrag te gaan oplaai by die store naby Paardevlei. 

Die skenking het bestaan uit 10 en 15 kg pakke rys, mieliemeel, stampmielies; bakke koeldrank konsentraat; sakke met ‘n maand se droë-kos voorraad vir ‘n gesin en nog meer.

Die vrag is afgelaai by die dienssentrum en deur  gewillige hande ingedra om gestoor te word.  Teen Dinsdag is daar reeds begin met die verdere verspreiding na die verskillende projekte; o.a. het Moedergemeente se Caritas 6 groot sakke ontvang.

Baie, baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand. Hierdie is nog ‘n voorbeeld van hoe die grendeltyd se swaarkry ook die beste in ons mense na vore bring!

Die Dienssentrumwiele se bestuurder en twee manne van Helpende Hand, by die skenking.

Die inhoud van een geskenkpak.